SARDAVILLE – DIE PLEK VAN DIE SWARTWILDEBEES – White-Tailed Gnu
(Uittreksel uit ‘n artikel in S A WILD & JAG – Maart 1999)
Met die maanhare en stert van ‘n perd, die kop van ‘n os en die delikate bene van ‘n wildsbok, is die swartwildebees die mees bisare skepsel in die diereryk en ook bekend as die nar van die veld.
Swartwildebeeste is eie (endemies) aan Suid-afrika en word nie elders in Afrika aangetref nie. Honderde-duisende het eens die grasvlaktes van die Oranje Vrystaat (OVS), die noord-oostelike Kapland, die suide van Transvaal en noordelike Natal bewoon.
Grootskaalse jag en veeboerdery het die swartwildebees tot op die die rand van uitsterwing gedryf. In die 1890’s het hul getalle tot ‘n skrale 550 gedaal. In 1866 alleen is 157 000 swartwildebees- en blesbokvelle deur ‘n maatskappy in Kroonstad na die buiteland uitgevoer, terwyl in 1870 sowat 500 000 blesbok-, zebra- en swartwildebeesvelle in ‘n enkele jaar vanaf Durban verskeep is. Die meeste hiervan was vanuit die OVS afkomstig, daarom dan dat dié provinsie die gru naam “Riemland” ge-erf het. Danksy die ingryping van die OVS Natuurbewaring is die swartwildebees van ‘n gewisse uitsterwing gered en die geregistreerde getalle teen 1991 was weer 17 493 diere.
HUNTING PRICES
Click to contact us for the latest hunting prices and rates…